Friday, July 16, 2010

MISDAAD IN CENTURION


Ek is seker enige Suid-Afrikaner sal jou ure lank kan besig hou met staaltjies en stories van misdaad. In Afrika is dit omtrent so algemeen soos biltong en rugby. Verder sal ek bieg, was ek redelik vas oortuig dat meeste van die misdaad deur arm uitlanders en Nigeriese mafia-sindikate gepleeg word.

Hierdie week is ek egter stomgeslaan om vas te stel dat twee wit manne in alle waarskynlikheid sal kan help met die oplos van twee huisbrake in ons kompleks.

Ons CCTV wys duidelik hoe 'n BMW M3 om 10:42 by ons kompleks inry, nadat 'n inwoner uitgery het. Veertig minute later, ry die BMW weer uit by die hek, nadat hulle die opsigter se vrou vra om vir hulle oop te maak.

Net na 12:00 kom Tania by die huis en die plek is besteel.

Wat vir ons egter snaaks is, is die man (sien foto) wat kom rondstaan by die hek terwyl die BMW in die komplek is.



Waarom staan hy so rond? (Een ou meen hy is 'n plaveisel inspekteur :-) En die man hoef mos nie so sku te wees vir die kamera nie? En dan (lyk dit my) dink hy dink dit begin reen, want hy sit sy kappie op. Of was dit dalk die son?

Hierdie is die tipe vrae wat die Polisie graag aan die man sal wil stel. Hulle dink hy is net die regte persoon om mee te gesels omdat hy presies die tyd van die diefstal daar kom rondkrap het. Die probleem is egter, hy bly nie in ons kompleks nie, en niemand ken hom nie - maar wee o wee die weduwee - gelukkig is daar die internet.

Ons wend ons dus tot die w.w.w. en het die 60 sekonde CCTV video op YouTube gepubliseer in die hoop dat hy homself sal raaksien en straks die polisie bel, of dat sy ma vir hom kan se iemand soek hom.

Hoe dit ook al sy, daar is by twee huise ingebreek. 'n Beide gevalle is net die LCD TV's, Playstations en Laptops gesteel. In beide gevalle (het ons toe nou daardie aand agtergekom) het ons duur luidsprekers en klanktoerusting by dieslefde winkel in die Centurion Mall gekoop.

Nou hoe op aarde gebeur dit?

Ons werk hard aan hierdie probleem, en sal almal op hoogte hou van sake. Ons vra egter dat jy die e-pos sal aanstuur vir jou vriende in Gauteng, want ek twyfel of die perd van Zimbabwe is.

Groete

Jaco

*Naskirf: Moet nou nie probeer om die kerels self vas te trek nie, Suid-Afrika is 'n gevaarlike plek. Bel vir speurder Selolo op 083 694 3908 of Lyttelton Polisie op 012 644 8600. Ons verwysingsnommer is CAS 324/7/2010.

Net 'n laaste woord van waardering aan die SAP manne. Hulle was binne een uur hier, twee uur later die speurder gestuur, en die volgende dag die meisie van die vinger- afdrukke. Soos dinge nou loop, staan die saak vinnig einde se kant toe.