Monday, November 06, 2006

Die ongemaklike waarheid

Ek kan nie glo dat daar iets is soos eerlike politici nie, maar dit lyk my Al Gore, die Amerikaanse Demokraat, wil aanspraak maak op die status.

Hy speel die hoofrol in 'n film oor aardverwarming: An Inconvenient Truth.

Dit wys tans by die Cinema Nouveau in Brooklyn.

Gaan kyk dit!

Ek dink almal moet weet wat die mens besig is om aan te vang met Die Planeet. Die film het 'n lekker tempo en genoeg humor om aanklank te vind by meeste mense.

Dit is maklik die beste film vir 2006.

Sien die voorskou op http://www.climatecrisis.net/