Wednesday, November 08, 2006

Wat is 'n wereld-inkomste?

Ek het nog altyd gewonder wat is die inkomste van burgers in eerste wereld lande.

Die burgers van lande in Europa en die VSA het tog 'n lekker lewe! Een van die opvallendste dinge wat ek in die buiteland opgemerk het is die tydperk wat verloop tussen sogenaamde "refurbishment" van geboue.

Niks word toegelaat op oud te word nie! (behalwe die gebou wat reeds oud is). Ek het baie gesien hoe hulle lugversorgers, meubels en rekenaars vervang met beter infrastruktuur, plasma skerms en dies meer. In Suid-Afrika sal jy mos nie sommer jou matte elke 4 jaar vervang nie.

Of sal jy?

Alles hang af van jou inkomste. Time Magazine het onlangs 'n studie gepubliseer van die gemidelde Amerikaner.

Daarvolgens, verdien 50% van alle Amerikaners minder as R220 000 per jaar.

90% Van Amerikaners maak minder as R733 000 per jaar (ek neem aan voor belasting).

Dit beteken, om dit baie eenvoudig te stel, dat as jou inkomste meer is as R733 000 per jaar, jy jouself kan ag as 'n ware wereld burger!

Laat ons dadelik aan die werk spring!