Sunday, January 07, 2007

Wanneer laas was jy in Durban?

Ek was 10 jaar laas in Durban. As ek Natal toe kom, haas ek my na die huurmotor en jaag verwoed na 'n beskaafde plek soos Umhlanga

Toe iemand my so paar jaar gelede se dat hy 'n woonstel in Durban gekoop het, het ek byna in my bier verstik.

Die enigste beeld wat ek van Durban gesien het, is jaar-na-jaar op die 8uur nuus van 1 Januarie.
Dan wys die TV gewoonlik hoe daar triljoene op Durban se hoofstrand toesak en byna die see-homself verstop.



Honderde versuip. Mense kry nie hulle kinders nie. Daar is nerens toilette nie. 'n Humanitere krises van 24 uur. Die KZN weergawe van Hillbrow!

Maar hier sit ek, in Durban. 'n Familie verpligting van my aanstaande, het die geleentheid gegee om my eie opinie oor die plek te formuleer.

Die gevolgtrekking: ek wil trek. Skuif. Verhuis. Ek wil in Durban kom bly. Hierdie stad moet amptelik die mees onder-gewardeerde stad wees in Suid-Afrika!

Die Koloniale, Engelse invloed op Durban is so indrukwekkend. Die huise is statig en die bome is groot. Die klimaat is heerlik.

Ons is in Morningside en alhowel dit so paar kilometer van die SSD (Sentrale Sake Distrik) en strand is, is dit ongelooflik skoon. Uit die woonstel van die familie-reunie, het ons 'n ongelooflike uitsig oor die Stad.

Ek was op die berugde Noord-Strande en dit was skoon. Ek het geswem, en die varswater storte het gewerk en die geriewe was beter as enige ander strand waar ek nog ooit was.

Dit gewemel van polisie. Polisie op voet. Polisie op perde, motorfietse en stuks of 16 karre wat die plek patroleer. Ongelooflik!

Die Saterdag was ek weer daar, maar die massas mense, waarvan die helfte nie swemklere het nie, het my afgesit en ek het verby-gehou. Ek se nie dis Utopia nie.

Toe ons weg is by die strand, is ons na die Munisipale Swembad toe. Ook iets wat ek gedink het bestaan nie meer nie. Teen R4 per persoon, wat 'n ervaring.

Daar's groot bome. Die gras is groen, gesny, en skoon.

Die 3,4m diep swembad is silwerskoon en dit is ver van 'n vertrapping af. Die badkamers is netjies en alles werk.

Durban is net ongelooflik. Doen jouself 'n guns, en kom hou 'n paar dae vakansie in Durban.

Soos enige ander plek moet jy weet waar om te gaan, maar met mense wat die omgewing ken was dit 'n absolute ervaring.

Die munisipaliteit van Durban, kan ek jou verseker, is baie, baie beter in beheer van dinge as in Gauteng.

Kyk maar net na die reputasie wat Natal die afgelope jare gekry het vir hulle streng wetstoepassing op die paaie. Dit opsigself, beklemtoon dat dit 'n baie goeie alternatief is vir Johannesburg.